NASA-tuig doen verbyvlug van Pluto

Deel op

Die New Horizons-ruimtetuig het ’n geskiedkundige verbyvlug van Pluto gedoen, het die Amerikaanse ruimteagentskap, NASA in ‘n verklaring gesê.

Die onbemande ruimtetuig, die grootte van ’n klavier, het teen ongeveer 31 000 myl per uur ongeveer 7 750 myl bokant Pluto verby beweeg.

New Horizons sal voortgaan om binne in die Kuiperbaan te reis, wat wetenskaplikes meen vol duisende kleiner yswêrelde kan wees. Wetenskaplikes sê die ruimtetuig sal vir etlike maande voortgaan om data oor Pluto aarde toe te stuur.

New Horizons is op 19 Januarie 2006 van Cape Canaveral, Florida gelanseer en het meer as drie miljard myl afgelê om Pluto te bereik. Dit is die eerste sending vir enige nasie na Pluto en sy vyf mane.

NASA se sending, sy eerste verkenning van die klassieke sonnestelsel, is dus grootliks afgehandel. Die ruimteagentskap het reeds ruimtetuie na Merkurius, Venus, Mars, Jupiter, Saturnus, Uranus, Neptunus en Pluto gestuur.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.