Nazi aan massamoord skuldig bevind

Deel op

’n Duitse man (94) wat as boekhouer in die Auschwitz-strafkamp gewerk is, is dié week in ’n hof in Lueneburg in Duitsland daaraan skuldig bevind dat hy ’n medepligtige aan die moord van 300 000 mense was.

Hy is tot vier jaar gevangenisstraf gevonnis in wat waarskynlik een van die laaste hofsake oor die Tweede Wêreldoorlog se behandeling van Jode kan wees.

Oskar Groening het egter nie self enigiemand doodgemaak terwyl hy in die Nazi-besette Pole gewerk het nie.

Aanklaers het aangevoer dat deur die geldnote te sorteer afkomstig van treinvragte vol Jode wat by die kamp aangekom het, hy bygedra het om die bewind se “massamoord” te ondersteun.

Groening was 21 jaar oud en volgens sy eie erkenning ’n entoesiastiese Nazi, toe hy in 1942 in die kamp begin werk het.

Die klagtes teen hom hou verband met die tydperk tussen Mei en Julie 1944 toe 137 treine met ongeveer 425 000 Jode van Hongarye in Auschwitz aangekom het. Minstens 300 000 van hulle is glo reguit na die gaskamers gestuur.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.