China sien Vodacom-groep vir terroriste aan

Deel op

Vyf Suid-Afrikaners wat in China in hegtenis geneem is, is op pad terug na Suid-Afrika. Drie is direk verwant aan die uitvoerende hoof van Vodacom.

Daar is volgens berigte nog vyf Suid-Afrikaners wat steeds in aanhouding is.

Gift of the Givers sê die toeriste was deel van ‘n groep van 20 wat antieke dele van China “verken” het. Hulle is verlede week in Binne-Mongolië in hegtenis geneem.

Die Chinese owerheid het ingegegryp nadat die toergroep as terroriste uitgewys is omdat hulle ‘n propaganda-film in hulle hotel gekyk het.

Imtiaz Sooliman van Gift of the Givers sê die vyf het gisteraand op ‘n vliegtuig geklim en word vandag in Suid-Afrika terug verwag.

Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het geen nuwe inligting oor die arrestasie en aanhouding van 10 Suid-Afrikaners in China ontvang nie, maar het gesê dat die amptelike besoek van adjunkpresident Cyril Ramaphosa aan die land is nie op enige manier verbind met die voorval nie.

“Hy was in China, maar sy besoek in China is nie verwant aan die voorval nie. . . Sy besoek daar het niks te doen met die voorval in Mongolië nie,” het woordvoerder Nelson Kgwete aan die uitsaaier 702 gesê.

Gift of the Givers stigter Imtiaz Sooliman het in ‘n verklaring gesê hulle was deel van ‘n 20-sterk toergroep wat in hegtenis geneem is deur Chinese amptenare.

Die toergroep was op ‘n beplande 47-dag reis na die land, bestaande ​​uit 10 Suid-Afrikaners, nege Britse burgers en een Indiër.

“Van die vyf Suid-Afrikaners wat aangehou is, is drie direkte familie van Shameel Joosub, uitvoerende hoof van Vodacom. Salim Aziz Joosub, Shameel se broer, is die uitvoerende hoof van Capital and Financial Brokers.”

Kgwete het bevestig dat die vyf Suid-Afrikaners Vrydag tergverwag word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.