Die regering het hofstukke ingedien om te appèlleer teen die Hooggeregshof in Pretoria se beslissing dat die Soedannese president, Omar al-Bashir nie die land mag verlaat nie.
Die hof het verlede maand aanbeveel dat die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings dit oorweeg om strafregtelike aanklagte oor die verontagsaming van die hofbevel in te stel.
Die regering voer aan dat Bashir immuniteit as ‘n Afrika-staatshoof geniet. Die regsproses kan glo etlike maande duur.
‘n Voormalige regter in die Konstitusionele Hof, Yvonne Mokgoro, het vroeër gesê sy is steeds geskok oor die regering se klaarblyklike nie-nakoming van ‘n hofbevel oor die al-Bashirkwessie.
Die Pretoriase Hooggeregshof het verlede maand beslis dat die regering se onvermoë om Omar al-Bashir aan te hou, indruis teen die Grondwet en dat die regering die Soedanese leier met sy aankoms in die land in hegtenis moes geneem het.
Mokgoro het die Kader Asmal Menseregtelesing by die Universiteit van die Witwatersrand aangebied.