Meksiko se dwelmbaas dreig Trump

Deel op

Meksiko se prokureur-generaal, Arely Gomez het die einde van ‘n tonnel besoek waardeur die Meksikaanse dwelmbaas Joaquin “El Chapo” Guzman Sondag uit die hoë sekuriteitsgevangenis Altiplano na ‘n huis in Almoloya de Juarez kon ontsnap het.

Dit was Guzman se tweede ontsnapping in 14 jaar. Hy is nog op vrye voet.

Mexiko se mees gesoekte dwelmbaas toon tans ‘n belangstelling in die Amerikaanse presidensiële wedloop vir 2016, nadat hy ‘n dreigende, vuil bewoorde twiet aan Donald Trump gestuur het.

Trump het vroeër neerhalende kommentaar oor Mexikaanse immigrante gemaak.

Guzman is die berugte baas van die Sinaloa-dwelmkartel. Binne ure, het hy gedreig dat hy Trump “sy woorde sal laat eet”. Die boodskap bevat talle Mexikaanse vloekwoorde.

Bekend as die “magtigste dwelmhandelaar in die wêreld” by die Amerikaanse Tesourie, is Guzman in Februarie 2014 vasgetrek. Die Amerikaanse regering het dit destyds as “die grootste soektog in die geskiedenis” beskryf.

Trump het Mexikaanse immigrante daarvan beskuldig dat hulle geneig is tot misdaad en dwelms.

“Wanneer Mexico sy mense stuur, stuur hulle nie hul beste nie,” het Trump gesê. “Hulle stuur mense wat baie probleme het. […] Hulle bring dwelms. Hulle bring misdaad. Hulle is verkragters.”

Sondag het Rupert Murdoch – die miljardêr en beherende aandeelhouer van die konserwatiewe Fox News – hom ook na Twitter gewend in ‘n aanval op Trump.

Murdoch het gesê dat Mexikaanse immigrante ‘n baie laer misdaadkoers het as “moedertaal geborenes” en bygevoeg “Trump verkeerd”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.