Premier vir korrupsie ondersoek

Deel op

As deel van ‘n ondersoek na korrupsie, het Roemeense aanklaers dié week aangekondig dat hulle hul premier, Victor Ponta, gaan aankla.

Dit plaas toenemende druk op die beleërde politikus om te bedank.

Ponta word van bedrog, belastingontduiking en geldwassery tussen 2007 en 2011 aangekla, nog voordat hy in 2012 eerste minister geword het. Die owerhede het op van Ponta se eiendom beslag gelê.

Ponta het Donderdag teruggekeer kantoor toe nadat hy vir ‘n maand ná ‘n knieoperasie in Turkye aangesterk het.

Hy het Sondag aangekondig dat hy uittree as hoof van die Sosiale Demokrate party terwyl hy homself teen die korrupsieklagte verdedig.

Hy het egter onderneem om as premier aan te bly.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.