Sanral beskuldig van misleidende advertensies

Deel op

Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol beskuldig die padagentskap Sanral daarvan dat hy belastingbetalers se geld mors deur miljoene rand te bestee aan advertensies om die publiek te mislei, het RSG berig.

Dit volg nadat die gesagsliggaam vir reklamestandaarde Sanral beveel het om ‘n misleidende advertensie oor die e-tolstelsel te verwyder.

Die gesagsliggaam het bevind dat die radio-advertensie misleidend was omdat dit luisteraars laat dink het dat die nuwe e-tolbedeling en die gepaardgaande afslag reeds aan motoriste beskikbaar is.

Die 60% afslag is egter nog nie aktief nie.

‘n Woordvoerder van die Bondgenootskap, Wayne Duvenage sê dit is ‘n bron van ernstige kommer dat ‘n staatsagentskap belastingbetalers se geld gebruik om hulle ondeurdagte plan aan die samelewing te verkoop, en dit dan ook op ‘n misleidende manier doen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.