Suid-Afrikaanse doeane-amptenare het by die Lebombo-grenspos beslag gelê op 14 167 paar skoene wat met ‘n vragmotor en sleepwa onwettig uit Mosambiek ingesmokkel is.
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê die straatwaarde van die besending is ‘n geraamde R11,3 miljoen rand.
Byna die helfte van die skoene was van die handelsnaam, Converse All Stars, en die res Puma, Nike en Adidas, maar volgens die SAID is daar ‘n moontlikheid dat dit vervalste of nagemaakte skoene is.
Die vragmotor is gekonfiskeer maar die bestuurder het glo op die vlug geslaan.