Ramaphosa na China vir hoëvlakbesoek

Deel op

Adjunk-president Cyril Ramaphosa en ’n afvaardiging van ministers en staatsamptenare het op ’n amptelike besoek na China vertrek.

Hy voer Dinsdag onder meer samesprekings met China se vise-president Li Yuanchao.

Onder die Suid-Afrikaners is ook die minister van Openbare ­Ondernemings, Lynne Brown, en die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande.

Die presidensie sê in ‘n verklaring die besoek sal fokus op ekonomiese en handels-aangeleenthede en spesifiek hoe staatsinstellings gebruik kan word om ekonomiese groei te bevorder en armoede en werkloosheid te verminder.

Handel tussen Suid-Afrika en China — Suid-Afrika se grootste handelsvennoot — het van 118-miljard rand in 2009 tot 271-miljard rand in 2013 gegroei.

Dit het in 2014 tot 261-miljard rand gedaal.

China het intussen aangebied om Suid-Afrika se vaardighede in kerntegnologie sonder enige voorwaardes te ontwikkel.

Die aanbod is gemaak tydens bilaterale sameprekings in Beijing, met Rusland en China wat as die voorlopers vir ‘n nuwe kernkrag-projek in Suid-Afrika beskou word.

Die samesprekings het plaasgevind kort voor Ramaphosa se besoek aan die land. Hy sluit Vrydag sy besoek af.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.