Oproer na moetiemoord by Burgersfort

Deel op

Sewe-en-veertig mense is op Mecklenburg buite Burgersfort in hegtenis geneem is op aanklagte van openbare geweld, brandstigting en kwaadwillige saakbeskadiging.

Die oproermakers sal na verwagting Maandag in die landdroshof op die dorp verskyn.

Van die gemeenskapslede het Donderdag twee sjebeens geplunder voordat hulle die kuierplekke aan die brand gesteek het.

Hulle beskuldig die eienaar van die sjebeens van die moord op ‘n vrou wat dood voor haar huis aangetref is.

Die polisie sê die vrou se liggaam is geskend en van haar liggaamdele verwyder.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.