Boere trek vermeende plaasaanvaller by Vrede vas

Deel op

Die inhegtenisneming van ‘n 38-jarige swart verdagte in verband met die aanval op ‘n bejaarde egpaar op hul plaas by Vrede, kom na flinke optrede van die gemeenskap.

Die polisie het hulp van boere ontvang wat gelei het tot die inhegtenisneming Sondagaand op Vrede etlike ure nadat Johannes Kritzinger en sy vrou Rita vroeër die middag in hul huis op die plaas Brakdam deur twee mans oorval en geskiet is.

Plaaslike boere was vinnig op die toneel.

Die egpaar kon nog nie verklarings aflê nie.

Die twee swart aanvallers het omstreeks eenuur gistermiddag op die plaas aangekom. Volgens die polisie se voorlopige ondersoek het een van die aanvallers vroeër op die plaas gewerk.

Terwyl plaasmoorde en-aanvalle toeneem, weier die polisie om dié geweld teen blankes as priotriteitsmisdaad te verklaar.

Die egpaar word in die Netcare-Unie-hospitaal in Alberton vir skietwonde in die maag behandel. Johannes verkeer in ‘n kritieke toestand en sy vrou se toestand is ernstig.

Die verdagte sal na verwagting binnekort in die plaaslike landdroshof op ‘n aanklag van poging tot moord verskyn.

Die ander verdagte is nog op vrye voet.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.