Merkel oorweeg stabiliseringsmeganisme vir Grieke

Deel op

Die Duitse kanselier, Angela Merkel, het vroeër gesê ‘n Europese Stabiliseringsmeganisme is nie uitgesluit tov Griekeland nie.

Merkel sê die EU sal die kwessie ondersoek voordat onderhandelinge oor ‘n ESM-program vir Griekeland oorweeg sal word.

Daar is nog geen ooreenkoms oor hoe die noodfondse oorgedra kan word nie.

Internasionale leners binne die Euro-gebied raam dat Griekeland tot 86 miljard Euro kan benodig om ‘n finansiële ineenstorting af te weer.

Die Griekse eerste minister, Alexis Tsipras, het Sondag met leiers van die Eurosone vergader, na die opskorting van ‘n volle beraad.

Volgens die BBC wil die leiers hê die Griekse regering moet oor die volgende drie dae ‘n reeks wette in die parlement deurvoer, voordat daar met gesprekke oor ‘n derde reddingsboei begin kan word.

Griekeland het intussen dringend miljarde Euro nodig om die land oor die korttermyn aan die gang te hou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.