Bloemfontein se straatname dalk verander

Deel op

Bloemfonteiners se belastinggeld gaan moontlik binnekort ook vermors word op naamsveranderinge.

In Pretoria is reeds bevind dat straatname ongrondwetlik verander.

Voorstelle van straatname wat verander gaan word is voorlopig deur die stadsraad van die Vrystaat se hoofstad aanvaar.

Van die strate wat dalk nuwe name gaan kry is Elizabeth- en Kerkstraat, wat onderskeidelik Miriam Makeba- en Oliver Tambostraat herdoop sal word.

Ander naamsveranderinge sluit in die Seisa Ramabodu-stadion wat eersdaags as die Ntate Petrus Molemela-stadion bekend sal staan en die Stadskouburg wat binnekort na Sebabatso Seatile vernoem sal word.

Molemela was die stigter van die sokkerklub, Celtics.

Volgens Volksblad kon die kommunikasiebestuurder van Bloemfontein, Qondile Khedama, nie sê wie Seatile is nie. Seatile kon ook nie op ’n Goo­gle-soektog gevind word nie.

Die DA parlementslid Werner Horn, sê hulle is tot dusver tevrede met die afloop van die openbare deelnameproses, asook die voorstelle.

Die publiek het tot 9 Januarie om beswaar oor die moontlike naamsveranderinge te maak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.