Aanvalle op buitelanders ‘nie xenofobie’

Deel op

Die polisie in KwaMashu noord van Durban ondersoek ‘n aanklag van kwaadwillige saakbeskadiging nadat ‘n houer wat aan ‘n Ethiopiër behoort, aan die brand gesteek is.

Terwyl aanvalle teen buitelanders steeds voortduur, het die medevoorsitter van die portefeuljekomitee in die parlement rakende xenofobiese geweld Vrydag gesê die aanvalle op buitelandse burgers vroeër vanjaar was nie as gevolg van xenofobie nie.

Soweto is ontwerp om verskillende taalgroepe in afsonderlike gebiede te hou, wat ‘n gevoel van etnisiteit geskep het, het News24 berig.

“Ons as ‘n komitee het tot die slotsom gekom dat hierdie aanvalle nie kbeskou kan word as xenofobies nie,” het Tekoetsile Motlashuping gesê by die Moroka-polisiekantoor in Soweto.

Hulle het die kwessie in diepte bespreek, en die betekenis van die woord xenofobie in ‘n woordeboek opgesoek.

“Die woordeboek sê dit is ‘n “uiterste” haat teen buitelanders. Suid-Afrikaners het nie uiterste haat nie, het hy gesê, en bygevoeg dat enigiemand wat vroeër vanjaar die geweld teen buitelanders beskryf het as xenofobies, is verkeerd.

“Ons is uit ballingskap,” het hy gesê aan die LP’s van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies, wat hom op ‘n feitesending vergesel het.

Buitelandse burgers kom na Suid-Afrika vir baie redes, insluitend ekonomies, akademies, politieke probleme by die huis, en as gevolg van die politieke stabiliteit in Suid-Afrika.

Hy het gesê sommiges kom want daar is “baie hulpgeld”.

Hoewel die man in die houer nie beseer is in die jonsge aanval nie, gaan die ondersoek in KwaMashu voort.

Verlede jaar het buitelandse eienaars van winkels in die lokasie in en om Durban briewe gekry wat hulle aangesê het om op te hou om sake in die lokasie te doen.

Die briewe was van mense wat aangevoer het dat hulle plaaslike sakelui verteenwoordig.

Die polisie sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie, en die polisie ondersoek nog die saak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.