Afrikaanse name moet van RAU-koshuise af

Deel op

Omdat die Universiteit van Johannesburg, die voormalige RAU (Randse Afrikaanse Universiteit) deesdae ‘n “pan-Afrika-sentrum van kritiese intellektuele ondersoek” is, moet sy oorspronklike Afrikaanse koshuisname verwyder word. Die huidige swart studentekorps is nie teen die name gekant nie, maar die universiteitsowerheid kan die name nie langer duld nie.

Volgens berigte is koshuisinwoners teen die veranderinge gekant. Die primarius van Bastion, Simpiwe Gqibane, sê: “Ek dink dit is vir hulle baie moeilik. Dieselfde mense (swart studente) wat hulle seker gedink het die transformasie sal steun, is die mense wat nou sê: ‘Nee, ons hou van die kultuur.’ ”

Die unversiteit het blykbaar verlede week advertensies in die pers geplaas en om voorstelle vir nuwe name gevra. Twee koshuise is reeds na die polities korrekte “Sophiatown” en “Hector Peterson” verander, wat nie weer sal verander nie.

Die naamsveranderings word gesien as deel van die algemene “transformasie” om alle spore van Afrikaans of Afrikanerteenwoordigheid wat daar eers by die universiteit uit te wis ten einde ‘n “pan-Afrika-universiteit” te skep. Die senior uitvoerende direkteur in die visekanselier se kantoor, Tumi Mketi, het gesê nuwe koshuisname is ook nodig ter wille “van die handelsnaam en waardes van die universiteit”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.