SA se bydrae aan BRICS nie ‘n kopseer sê ekonoom

Deel op

Suid-Afrika se beloofde bydrae van $10 miljard aan die beplande Nuwe Ontwikkelingsbank oftewel die BRICS-bank, hoef nie onmiddellik die land uit te vloei nie.

Die geld sal slegs gegee word wanneer dit benodig word, volgens die ekonoom Dawie Roodt.

Roodt het bygevoeg dat China waarskynlik die grootste gedeelte van die nuwe bank sal finansier.

Roodt sê Suid-Afrika hoef hom dus nie te veel te bekommer oor die kapitale uitleg nie.

Rusland en Suid-Afrika het Woensdag ooreengekom om ‘n memorandum van verstandhouding te teken oor onder meer energie.

President Jacob Zuma lei die Suid-Afrikaanse afvaardiging wat bestaan uit ministers en sakelui.

Afgevaardigdes sal onder meer ‘n ooreenkoms oor ekonomiese integrasie van die BRICS-lande bespreek, asook moontlike vrye handelsgebiede.

Die sewende sessie van die BRICS-beraad is in Rusland in die stad Ufa, net buite Moskou, gehou.

Dit is voorafgegaan deur die bekendstelling van die BRICS ontwikkelingsbank wat gesien word as alternatief vir die IMF, die Wêreldbank en ander westerse instellings.

Die handelsomset tussen die BRICS-lande het verlede jaar meer as $291 miljard beloop.

Chinese aandeelpryse, wat ‘n tweede agtereenvolgende dag skerp gedaal het, is ‘n direkte gevolg van hoë aandeelpryse reg oor die wêreld heen, het Roodt ook gesê.

Die Shanghai Composite Index wat met 8.2% gedaal het voor verhandeling begin het, het egter ‘n uur later met drie persentasie punte herstel.

Sedert 12 Junie toe aandeelmarkte gepiek het, het die Shanghai Composite Index met nagenoeg 30% gedaal.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.