Suid-Carolina verbied Suidelike vlag by wetgewershuis

Deel op

Die deelstaat van Suid-Carolina in die VSA het met ‘n meerderheid van 94-20 gestem om die Suidelike vlag wat tradisioneel by sy wetgewershuis wapper, te verbied. Dit volg ná drie dae van intense debat rondom die kwessie.

Die goewerneur van Suid-Carolina, Nikki Haley, sal later vandag die wetsontwerp onderteken, om die besluit van die wetgewer te bekragtig. Daarna sal dit teen die wet wees om die vlag binne die omtrek van die wetgewershuis te hys.

Die herrie rondom die Suidelike vlag waaroor inwoners van die Suide van Amerika patrioties voel, volg op die beweerde skietery deur Dylan Roof in ‘n swart kerk in Charleston, Suid-Carolina op 17 Junie. Roof het na bewering 9 mense in die kerk gedood en daar is aanlynfoto’s van hom op ‘n webblad geplaas waar hy die Suidelike vlag vertoon. Hy het ook ‘n beweerde manifes geskryf waarin hy die ondergang van Rhodesië betreur en sy bewondering vir vorige Afrikanerregerings uitspreek wat hulle oor ‘n lang tyd teen ‘n swart demografiese meerderheid kon handhaaf.

Onlangse meningspeilings het egter getoon dat die meerderheid Amerikaners die Suidelike vlag as ‘n “simbool van trots” sien en nie as ‘n “simbool van rassisme” soos wat liberale dit dikwels tipeer nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.