Presidensie bestudeer regters se versoek

Deel op

Die presidensie sal nie onmiddellik reageer op Hoofregter Mogoeng Mogoeng se besware oor bewerings dat die regbank beïnvloed word nie.

Die SABC berig Mogoeng het ‘n mandaat gegee dat ‘n vergadering met die president aangevra word om die bedreiging van die regstelsel te bespreek.

Dit volg nadat die land se top-regters vir die eerste keer in die geskiedenis van ‘n demokratiese Suid-Afrika, ‘n versoek gerig het vir ‘n vergadering met President Zuma.

Regters sê hulle wil die herhaaldelike en ongegronde kritiek teen die regterlike gesag bespreek en sê dit het die potensiaal om die howe se gesag te ondermyn.

Die presidensiële woordvoerder, Harold Maloka, sê president Jacob Zuma sal aandag aan die saak gee sodra hy van die BRICS-beraad teruggekeer het.

Volgens die SABC is dit die eerste keer in die geskiedenis van ‘n demokratiese Suid-Afrika dat die land se topregters ‘n vergadering met die president aanvra.

Hoofregter Mogoeng het vroeër gesê hy is optimisties dat President Jacob Zuma die regte ding sal doen

Senior ANC-lede het die howe onlangs skerp gekritiseer, veral oor die Omar al-Bashir-kwessie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.