Chinese aandele tuimel na paniekverkope

Deel op

Aandele in China het Donderdagoggend tot ‘n vier maande laagtepunt getuimel.

Chinese aandele het in ‘n stadium met meer as agt persent gedaal ondanks pogings deur reguleerders om die mark te stabiliseer. Die Shanghai-indeks het vroeër reeds met sewe punte gesak.

Paniek op Chinese aandelebeurse het markte in Hong Kong getref wat vier persent laer is.

Bykans die helfte van genoteerde Chinese maatskappye het handel opgeskort om hulself teen skerp dalings te beskerm.

Chinese maatskappye in die buiteland het ook gedaal.

Beleggers vrees dat die onbestendige Chinese mark die ekonomie omver kan werp en dat dit ‘n groter risiko inhou as die Griekse krisis in die Eurosone.

Die onafhanklike strateeg en raadgewer van beursverhandelde fondse, Nerina Visser, het aan RSG gesê die JSE sal goed gemonitor word.

Aandele reguleerders sê die tuimelende aandelemark van die tweede grootste ekonomie in die wêreld is op die oomblik paniekerig.

Beleggers ignoreer ondersteuningsmaatreëls wat Beijing ingestel het.

Die Volksbank van China het gesê hulle sal stappe neem om makelaars wat aandele ondersteun te help.

Batebestuurders sê owerhede moet die blaam moet dra vir die ineenstorting van die Chinese aandelebeurs in Sjanghai.

‘n Batebestuurder van Ample Capital in Hong Kong, Alex Wong, het aan RSG gesê die regering het nie net misluk om die mark te stabiliseer nie, maar ook paniek aangeblaas.

Meer as ‘n derde van genoteerde maatskappye het in Sjanghai handel opgeskort en in Shenzhen meer as die helfte van die genoteerde maatskappye.

Dit beteken dat meer as 1300 maatskappye by die onderskeie Chinese beurse handel opgeskort het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.