Brandgevaar na petrol in Vereeniging se rioolstelsel lek

Deel op

Emfuleni se munisipale werkers het die oorsprong van ’n brandstoflekkasie in die Vereeniging-rioolstelsel geïdentifiseer as die hoofnetwerk op die hoek van Stanley- en Voortrekkerstraat.

Volgens munisipale woordvoerder, Stanley Gaba, is daar ’n BP-vulstasie wat bes moontlik die oorsprong van die lekkasie is.

Inwoners het reeds verlede Dinsdag ’n sterk petrolreuk in die omgewing aangemeld. Gaba sê daar is verskeie gebeurlikheidsplanne in plek gestel.

Die Vanderbijlpark-, Evaton, Midvaal- en Johannesburgse munisipaliteite het onder meer beloof om bystand te verleen indien ’n brand sou ontstaan. Mangate word ook gereeld oopgemaak sodat die dampe kan ontsnap.

Intussen word inwoners steeds gemaan om nie enige oop vure naby mangate en pompstasies te maak nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.