Die Russiese President, Vladimir Poetin het die Internasionale Monetêre Fonds se bestuurshoof, Christine Lagarde genader om die Griekse referendum te bespreek.
Hulle probeer ‘n werklike oplossing kry vir die land se skuldkrisis.
Lagarde het gesê dat verskeie lande in Latyns-Amerika en Afrika haar vir haar ongenaakbare houding teenoor die Griekse krisis blameer.
Met die huidige bankstelsel se probleme, het die tyd aangebreek om nuwe finansiële instellings wêreldwyd te ontwikkel, het president Zuma intussen aan die Russiese nuusdiens RT gesê.
BRICS en sy nuwe ontwikkelingsbank is een van die alternatiewe, het hy gesê.
Zuma het bygevoeg dat sulke instellings aan lande wat betrokke is, meer insae in die besluitnemingsproses behoort te gee en dat Westerse lande te veel inmeng.
‘n Woordvoerder vir die Kremlin, Dmitry Peskov sê samesprekings sal voortgaan en die belange van alle partye rakende die Griekse probleem sal in ag geneem word.
Hy het bygevoeg dat die gesprek tussen Putin en Lagarde nie verband gehou het met enige moontlik hulp van Rusland aan Griekeland nie.
Lagarde het vroeër in ‘n verklaring gesê die IMF is gereed om Griekeland te help indien die land daarom vra.
Die omstrede vorige minister van Finansies, Yanis Varoufakis het Maandag bedank.
Lagarde het in ‘n verklaring gesê die organisasie is gereed om Griekeland te help indien die land daarom vra.
Intussen is Griekeland se hoofonderhandelaar met die internasionale krediteure, Euclid Tsakalotos, as nuwe minister van Finansies ingehuldig.
Die 55-jarige Tsakalotos wat in Londen skoolgegaan en gestudeer het, het na sy inhuldiging gesê hy is angstig oor die taak wat hom opgelê is.
Hy was tot onlangs ‘n professor by die Universiteit van Ekonomie in Athene.