Premier stom oor haatspraak-skuldigbevinding

Premier Sylvia Lucas sê haar regspan gaan die uitspraak van die Gelykheidshof – waarin sy skuldig bevind is aan haatspraak – bestudeer voordat sy enige kommentaar lewer of ‘n besluit daaroor neem.

Die saak hou verband met ‘n toespraak in 2010 waarin sy die verbode woord “hotnot” gebruik het.

Die hof het beveel dat Lucas die KhoiSan-gemeenskap om verskoning moet vra. ‘n Kostebevel is ook teen haar gemaak.

‘n Gemeenskapsleier en lid van die nasionale KhoiSanraad, Stanley Peterson, het Lucas oor haar uitlatings hof toe gesleep.

Lucas het in ‘n onderhoud met OFM-nuus gesê sodra sy die uitspraak bestudeer het sal sy ‘n besluit neem oor wat haar volgende stap gaan wees.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.