Waterbeperkings in Bloemfontein afgekondig

Deel op

‘n Kritieke waterskaarste weens klimaatsverandering en min reën staar die Mangaung-metro in die gesig.

Volgens die munisipale woordvoerder, Qondile Khedama, is die tekort aan water besig om ‘n algemene probleem in stede te raak.

Waterbeperkings is Vrydag op ‘n raadsvergadering vir Bloemfontein, Botshabelo en Thaba Nchu afgekondig.

Khedama sê die metro, soos in enige ander stad in die land, staar uitdagings met betrekking tot water in die gesig.

Hy sê die raad is besig om besonderhede oor wanneer die beperkings ingestel gaan word en die tydsduur daarvan, vas te stel. Volgens hom sal inwoners deurgaans op die hoogte gehou word van besluite.

Khedama sê die raad se besluit kom nadat verskeie openbare vergaderings sedert verlede jaar plaasgevind het waarop inligting oor die instel van waterbeperkings verskaf is.

Watervlakke van damme wat water aan die metro verskaf is laag en daar is minder water beskikbaar as verlede jaar dié tyd.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.