Premier waarsku dat weermag in Mamelodi ontplooi kan word

Deel op

Gauteng se premier, David Makhura, sê indien nodig sal die weermag in die geweldgeteisterde Mamelodi, oos van Pretoria, ontplooi word waar taxi-operateurs teen die nuwe busdiens in opstand gekom het.

Hy het op ‘n openbare vergadering aan inwoners gesê meer polisielede sal ook ontplooi word indien dit nodig sou wees.

Minibus-taxibestuurders het Donderdag en Vrydag paaie in die gebied met brandende buitebande versper om beswaar te maak teen die ingebruikneming van die Autopax-busdiens in die gebied, terwyl minstens sewe busse tydens die geweldpleging beskadig is en daar ook op ’n bus geskiet is

Autopax-busse het intussen onder polisiebegeleiding van die depot in Mamelodi vertrek en was daar tot dusver geen voorvalle nie.

Die polisie ook het tientalle minibus-taxis geskut in pogings om geweld teen die nuwe busmaatskappy te verhoed.

Verkeer op die Tsamaya-pad is tot stilstand gebring terwyl die polisie taxis voorgekeer het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.