Patoloë na Lesotho om sluipmoord te ondersoek

Deel op

Die kantoor van adjunk-president Cyril Ramaphosa sê twee Suid-Afrikaanse patoloë gaan na Lesotho gestuur word om die omstandighede te ondersoek rondom die dood van die voormalige weermagbevelvoerder, luitenent-generaal Maaparankoe Mahao.

Ondersoekbeamptes van Zimbabwe en Namibië sal ook deel wees van die ondersoek.

Leiers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsmeenskap het Vrydagaand ‘n dringende ondersoek na sy dood gelas.

Ramaphosa se mandaat as SAOG-fasiliteerder in Lesotho is ook hernu.

Die regering van die koninkryk glo nou dat hy vermoor is in ‘n militêre operasie wat verkeerd geloop het.

Maar Koffi Kouakou, ‘n senior dosent aan die School Governance van Wits Universiteit, het gesê Mahao is vermoor in ‘n poging om die ondersteuningsbasis van die voormalige eerste minister van Lesotho, Tom Thabane te vernietig.

Hy het gesê die bedoeling van so ‘n sluipmoord sou ook wees om die klein koninkryk te destabiliseer en pogings om stabiliteit te herstel, te ondermyn.

Kouakou sê die grootste gevaar is dat die Thabane-kamp wraak sal soek en daarmee Suid-Afrika dwing om militêr in te gryp in Lesotho.

Volgens berigte het die opposisie-leiers, joernaliste en prokureurs wat teen premier Pakalitha Mosisili en sy weermag hoof, Tlali Kamoli gekant is, uit die land gevlug.

Drie opposisieleiers het glo uit die land gevlug, uit vrees vir hul lewens. Dit sluit in die voormalige eerste minister Tom Thabane, wat ‘n bondgenoot van Mahao was.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.