Brasiliaanse Grand Prix weer die kampioenmaker

Deel op
Nog ‘n formule-eenseisoen wat beslis gaan word op die laaste wedren van die jaar, met McLaren se Lewis Hamilton en Ferrari se Felipe Massa wat altwee vir hul eerste loopbaanwen gaan probeer by die Brasiliaanse Grand Prix.
Deel op

In ‘n opwindende seisoen, waarin sewe jaers wedrenne gewen het, en soveel as vier jaers die punteleer gelei het, het Hamilton in Brasilië aangekom vir Sondag se wedren met ‘n 7-punte voorsprong oor die tuisskare gunsteling Massa.

Hamilton hoef net onder die eerste 5 te eindig om te verseker dat hy op 23 die jongste F1-kampioen en Britse kampioen sal word sedert Damon Hill in 1996.

Massa het steeds ‘n kans om die eerste nie-Europese bestuurder te word om die titel te wen sedert Kanada se Jacques Villeneuve in 1997, en die eerste Brasiliaanse kampioen sedert wyle Ayrton Senna in 1991. Om dit reg te kry, moet hy in die eerste of tweede plek eindig, met Hamilton onder die vyfde plek in die veld.

“Dit is onmoontlik om te voorspel wat gaan gebeur, maar ek dink ons kar was nog altyd goed op hierdie baan.” Het Massa gesê.

“Ek het die span agter my en al die druk gaan op Hamilton wees, veral as mens dink wat verlede jaar hier gebeur het.” het hy bygevoeg.

Hamilton was verlede jaar die gunsteling om te wen, maar het ‘n fout begaan met ‘n verbygaanaksie in die eerste rondte, waarna ratkasprobleme hom in die sewende plek laat eindig het, en hom die titel gekos het.

Kimi Raikkonen van Ferrari het Hamilton en Renault se Fernando Alonso geklop in ‘n naelbytwedren.

Die 2006 seisoen het ook naelskraap geëindig, met Alonso wat Michael Schumacher by Interlagos gewen het.

Die Brasiliaanse Grand Prix het die laaste vier jaar die F1-kampioen gemaak. Alonso het ook in 2005 die titel gewen toe hy die derdelaaste wedren in Brasilië gewen het.

Ten spyte daarvan dat Hamilton net-net voorloop, was die seisoen een van die mees opwindende seisoene in baie jare.

Buiten Hamilton en Massa wat al wedrenne die jaar gewen het, was ander wenners Raikkonen, Alonso, Robert Kubica van BMW, Heikki Kovalainen van McClaren en Sebastian Vettel van Toro Rosso.

Kubica, Kovalainen en Vettel was het almal hulle eerste wedren gewen in die 2008 seisoen.             

детски игрыФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.