Prasa ontken dat nuwe treine te hoog is

Deel op

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het berigte ontken dat 13 nuwe lokomotiewe wat vanaf Spanje ingevoer word, te hoog is vir plaaslike spoortoestande, het RSG berig.

Prasa het gereageer op Sondagkoerantberigte dat die diesellokomotiewe ten bedrae van 600 miljoen rand, oorhoofse elektriese kabels kan beskadig.

Die lokomotiewe is na bewering gekoop ten spyte van waarskuwings dat dit nie geskik is vir Suid-Afrika nie.

Prasa se woordvoerder, Moffet Mofokeng sê die bewerings is onwaar en hy daag die joernalis, wat die berig geskryf het, uit om bewyse voor te lê.

Mofokeng sê die lokomotiewe voldoen aan al die vereistes.

Die Suid-Afrikaanse Instituut van Elektriese Ingenieurs (SAIEE) het egter bevestig hulle bewus is van die hoogteprobleem en dat hulle besig is om te soek vir “tegniese oplossings”.

Die dertien Afro 4000 diesel lokomotiewe wat tot dusver aan Prasa oorhandig is, vorm deel van ‘n groter R3,5 miljard tender vir 70 nuwe lokomotiewe.

Die lokomotiewe het ‘n dakhoogte van 4 264mm, terwyl die maksimum hoogte van die diesel lokomotiewe nie meer as 3 965mm mag wees nie, het senior spooringenieurs met eerstehandse kennis aan Rapport gesê.

Prasa wil die lokomotiewe vir sy langafstand Shosholoza Meyl passasiersdiens aanwend.

Senior ingenieurs en bronne met eerstehandse kennis van die saak het Prasa glo gewaarsku dat die nuwe diesel lokomotiewe van die Spaanse vervaardiger Vossloh España te hoog is vir plaaslike gebruik.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.