Groot polisieteenwoordigheid in Mamelodi ontplooi

Deel op

‘n Groot polisieteenwoordigheid is ontplooi in Mamelodi, oos van Pretoria teen voortslepende openbare geweld. Pendelaars het die wetstoepassers se teenwoordigheid verwelkom.

NUUT!

Geweld wat Woensdag uitgebreek het oor Putco se roetes wat deur die busdiens Autopax oorgeneem is, het duisende pendelaars is gestrand gelaat.

Die onrus het opgevlam nadat Putco besluit het om sy dienste in die gebied te staak omdat dit nie lonend is nie en dit deur die nuwe busdiens vervang is.

Sewe busse is beskadig en vyf mense is beseer.

‘n Woordvoerder van die Taxi-vereniging, David Chauke, het ontken dat die onrus in die taxibedryf begin het. Hy sê die polisie moet dit ondersoek.

Meer as 20 polisievoertuie is ook Maandagoggend by die busdepot in Mamelodi ontplooi om Autopax-busse teen oproeriges te beskerm.

Vyf mense is reeds beseer is nadat taxibestuurders verlede week busbestuurders geïntimideer het en met geweld probeer verhinder het dat die busse vertrek.

‘n Busbestuurder en passasiers is in afsonderlike voorvalle geskiet en busse is gevandaliseer.

Taxi-eienaars is ontevrede omdat hulle nie voordeel uit die nuwe reëlings trek nie.

Die Mamelodi Taxi Vereniging het hom intussen gedistansieer van die onrus in Mamelodi in Pretoria en die aanvalle verlede week op die nuwe busdiens.

Belanghebbendes het met inwoners vergader in ‘n poging om die geskil oor roetes op te los.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.