Grieke stem teen besuiniging

Deel op

Griekse kiesers het die redelike voorwaardes van ‘n Europese hulppakket in ‘n referendum verwerp.

Die Duitse Ekonomiese Minister, Sigmar Gabriel het intussen die Griekse regering daarvan beskuldig dat hy die Grieke op ‘n wanhopige pad van verlatenheid lei.

Griekeland se minister van finansies, Yanis Varoufakis het Sondag in ‘n skok-aankondiging gesê dat hy bedank ten spyte daarvan dat die regering ‘n klinkende oorwinning vir die nee-stemme verseker het.

Griekeland, ‘n land met 11 miljoen inwoners, staar tans finansiële en politieke isolasie binne die eurosone en die ineenstorting van die bankstelsel in die gesig as krediteure verdere hulpverlening weier.

Met al die stemme wat reeds getel is, het meer as 61 persent nee gestem. Griekse amptenare is nogtans vol hoop dat ‘n nuwe reddingsboei in die vorm van ‘n hulppakket hulle gaan red.

Die Europese Unie het sedert sy totstandkoming gegroei tot 507,000,000 burgers in 28 lande, die wêreld se belangrikste ekonomiese sone. Ten spyte van baie legitieme kritiek oor sy burokratiese oorlading, lei die Europese Unie lei die wêreld in beskaafde regering en sorg, asook omgewingsbewaring.

Die grootste fout was kennelik die vinnige uitbreiding van die ekonomiese sone om gebiede in te sluit nie wat nie gereed was vir lidmaatskap nie.

Griekeland, Bulgarye en Roemenië is uitstekende voorbeelde van lande wat nie in die eurosone hoort nie.

Griekeland moes die Amerikaanse Goldman Sachs gebruik om sy boeke te kook sodat hulle aan die minimumvereistes van EU-lidmaatskap kon voldoen, ‘n stap wat hulle nou duur gaan kos.

Leiers van die Eurosone sal Dinsdag op ‘n reaksie op die uitslag van die referendum besluit. Reeds 61% persent van die Griekse kiesers het hul stemme teen die voorgestelde besparingsmaatreëls uitgebring.

Die hoof van die Eurogroep, Jeroen Dijsselbloem sê die uitslag is onheilspellend vir Griekeland se toekoms.

EU-beleidmakers het gewaarsku dat ‘n nee-stem dit moeilik sal maak vir die Europese Sentrale Bank om aan Griekse banke die nood-geldelike hulp te gee waarop hulle staatmaak.

Europese ministers van Finansies het intussen bevestig dat daar geen onmiddellike planne vir ‘n noodvergadering is nie. Volgens ‘n amptenaar is die rede dat finansministers nie sal weet wát om te bespreek nie.

Die Duitse kanselier, Angela Merkel en die Franse president, Francois Hollande het voorlopig gesê dat die wil van die Griekse meerderheid gerespekteer moet word.

Die president van die Europese parlement, Martin Schultz sê dit berus nou by Griekeland om met ‘n oplossing vorendag te kom. Hy sê anders lê daar ‘n baie moeilike en dramatiese tydperk voor.

Die Euro het intussen gedaal teenoor die dollar en die yen in die internasionale markte te midde van vrese dat Griekeland die eerste land gaan word wat die Eurosone verlaat.

Die Griekse Eerste Minister, Alexis Tsipras het gesê die uitslag is nie ‘n stem teen Europa nie, maar eerder ‘n mandaat om die EU te dwing om die Griekse skuldkrisis op die Grieke se voorwaardes op te los.

Volgens berigte het die Griekse banke slegs dae se fondse oor. Hulle sal vandag gesluit bly om massa-onttrekkings van geld te verhoed.

Griekeland dra slegs 2% van die bruto binnelandse produk van die Unie by. Omdat Griekeland feitlik niks vervaardig nie en nog minder uitvoer, inwoners op geleende geld leef en weier om belasting te betaal, is daar tans oproepe dat die bankiers en hoë amptenare wat miljarde aan Griekeland geleen het, afgedank moet word.

Slowakye, ‘n land van 5,4 miljoen mense was vroeër in dieselfde bootjie as die Grieke en het ná ‘n besuinigingsprogram, floreer.

Ongelukkig blyk dit dat Griekeland se huidige verlinkse regering gereed is om selfmoord te pleeg. Nogtans was daar groot feesviering deur ondersteuners van die nee-stem voor die parlement in Athene.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.