Busbestuurder geskiet in Mamaloditaxi-oproer

Deel op

‘n Busbestuurder is volgens berigte raakgeskiet en drie passasiers is beseer toe skote vanoggend op twee busse gevuur is naby Mamelodi in Pretoria.

Nog passasiers is beseer deur gebreekte glas, het RSG berig. Berigte is ontvang van die skietery op die hoek van Solomon Mahlangurylaan en Pretoriaweg.

Dit volg te midde van die onrus in Mamelodi oor busvervoer.

Busse van die nuwe busdiens – Autopax – is vroegoggend met klippe bestook en Solomon Mahlangu-rylaan is met brandende voorwerpe versper.

Taxi-operateurs is ontevrede omdat Autopax die roetes van die vorige busdiens Putco oorgeneem het en sê hulle is nie in die proses geken nie.

Volgens onbevestigde berigte is twee vragmotors in die gebied ook deur protesgangers gekaap.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.