Egipte loods militêre offensief teen ISIS

Deel op

Die Egiptiese weermag sê hy gaan voort met ‘n militêre offensief in die Sinai Skiereiland teen die Islamitiese Staat.

Die gebied is tussen Israel, die Gaza-strook en die Suez-kanaal geleë.

Hewige gevegte het vandeesweek tussen Egipste en ISIS-militante waarin meer as ‘n honderd mense omgekom het.

Lugaanvalle op stellings van die Islamitiese Staat het tot die vroeë oggendure geduur.

Volgens die Egiptiese leer het sewentien soldate in die gevegte met Islamitiese militantes omgekom maar plaaslike waarnemers meen die dodetal is hoër.

Die Egiptiese weermag sê lugaanvalle teen ISIS het deur die nag voortgeduur. ‘n Woordvoerder sê beheer oor die polisiestasie in Sheikh Zuweid is weer teruggeneem.

ISIS het 15 veiligheidsgebiede aangeval en drie selfmoordbom-aanvalle uitgevoer.

Twee polisiebeamptes is vroeër in Koeweit in hegtenis geneem na verlede Vrydag se bomaanval op ‘n moskee waarin 27 mense dood en meer as 200 beseer is.

Die Islamitiese Staat-groep het aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar. Die inhegtenisnemings is deel van ‘n poging om toe te slaan op militante in die land.

Die land se veiligheidsmagte het ook ammunisie, kaarte en wapens gevind by die huis van ‘n student en nog ‘n man wat ook in hegtenis geneem is.

Minstens 90 mense word reeds in verband met die aanval aangehou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.