Groot polisieteenwoordigheid weens oproer oor Mamelodi-busdiens

Deel op

Daar is ‘n groot polisieteenwoordigheid by die busdepot in Mamelodi in Pretoria na oproeriges ‘n nuwe busdiens onder klippe gesteek en bestorm het.

Minibus taxi-bestuurders is ontstoke oor die bekendstelling van die Autopax-busdiens in die gebied.

Drie busse is beskadig, het Gauteng se departement van vervoer se woordvoerder Octavia Mamabolo aan News24 gesê.

Taxi-operateurs, wat gekant is teen die nuwe busdiens, het busse verhoed om die busdepot met passasiers te verlaat.

Hulle het ook die depot binnestorm en busse se sleutels gegryp.

Taxi-eienaars is ontevrede omdat die roetes aan Autopax toegeken is en nie aan hulle nie.

Volgens taxi-operateurs het ‘n vergadering met die Tshwane Metro Woensdag, geen oplossing opgelewer nie.

Autopax het die roetes oorgeneem van Putco wat dit nie meer as lonend beskou nie.

Dit is nog onduidelik hoeveel pendelaars geraak word.
 
Mamabolo het gesê ‘n vergadering gehou sal word om 09:00 met die betrokke partye, insluitende die SA Nasionale Taxiraad.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.