Winkelgroep verbreek bande met Trump

Deel op

Die winkelgroep, Macy’s het alle bande met Donald Trump verbreek, nadat hy uitgevaar het politieke korrektheid en onwettige immigrante wat dwelms, misdaad en verkragting na die VSA bring.

Trump se uitlatings word as ‘n klein bonus vir die Demokrate beskou wat meeding met die Republikeine om Latino-stemme te trek.

Ten spyte van die opskudding, het Trump se gewildheid in twee sleutelkieserstate, Iowa en New Hampshire, die hoogte ingeskiet.

Macy’s is die tweede maatskappy wat afstand doen van die televisiepersoonlikheid ná sy neerhalende opmerkings oor Meksikane.

Die winkel sal Trump se mansklerereeks uitfasseer, wat hemde, dasse, mansjetknope en pakke insluit.

Die reeks word al sedert 2004 by Macy’s verkoop, maar hulle sê hulle kan nie diskriminasie in enige vorm aanvaar nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.