Man van Noordwes weer voor oor kinderporno

Deel op

‘n Noordwes man sal vandag weer in die Lichtenburg Landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van kinderpornografie.

Bert Viljoen is een van ses mans wat in Augustus 2013 in vier provinsies in hegtenis geneem is. Dit nadat polisie ‘n wenk van Interpol ontvang het.

Die ander verdagtes, waaronder twee onderwysers en ‘n afgetrede skoolhoof, is in Lichtenburg, Potchefstroom, Bloemfontein, Witrivier, Douglasdale en Florida in hegtenis geneem.

OFM-nuus verneem dat Viljoen moontlik ’n pleitooreenkoms sal aangaan en vandag gevonnis sal word.

Gregory Robinson van Potchefstroom is verlede jaar in die die dorp se streekhof ‘n opgeskorte vonnis opgelê.

Sy vonnis van vier-jaar tronkstraf is vir vyf jaar opgeskort op die bepaling dat hy nie ‘n soortgelyke oortreding pleeg nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.