Markte min gepla oor Griekse skuldsirkus

Deel op

Internasionale markte het opwaarts beweeg en die euro het nie verder verswak nie omdat beleggers glo dat Griekeland steeds ’n manier sal kry om deel van die eurosone te bly.

Die regering het ‘n referendum vir Sondag 5 Julie uitgeroep en kapitaalbeheermaatreëls ingestel nadat dit duidelik geraak het dat die land se premier nie genoeg steun het van kiesers om die eurosone te verlaat nie.

Die kommunistiese Griekse premier, Alexis Tsipras, het in ‘n brief aan die land se krediteure, verklaar dat hy die voorstelle van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), die Europese Sentrale Bank en die Europese Kommissie aanvaar.

Griekeland en sy krediteure moet ‘n ooreenkoms bereik oor die land se skuld nadat inwoners oorweldigend aangedui het in meningspeilings dat hulle nie die euro as geldeenheid wil laat vaar nie.

Die referendum van Sondag kan die einde van die Kommuniste se leë beloftes oor staatsuitkerings wees en anti-Europese retoriek. Tsipras het vroeër ‘n beroep gedoen vir ‘n “nee-stem”.

Die Europese Sentrale Bank het Woensdag besluit om Griekeland nie meer met noodlenings by te staan nie, en in te stem tot ‘n finansiële reddingsplan óf die gevaar te loop dat sy bankstelsel ineenstort.

Griekeland het intussen die eerste ontwikkelde land geword wat hom aan wanbetaling skuldig maak tov ‘n IMF-lening.

Dinsdag was die spertyd vir ’n betaling van sowat 1,6 miljard euro aan die IMF deur die Grieke wat hulle verontagsaam het.

Dié nuwe stel voorvereistes moet deur die Grieke aanvaar word alvorens die instellings weer ’n reddingspakket aan die wanbetalende Griekse regering sal goedkeur.

Die voorvereistes behels onder meer dat die ekonomie drasties herstruktureer word deur staatsuitgawes te beperk en sekere belastings te verhoog.

Die brief is die eerste keer dat die Griekse regering die voorstelle aanvaar, nadat hulle al vir maande lank die ergste probeer ignoreer.

Die Griekse regering het egter gevra dat die nuwe stel vereistes aangepas word.

Ontleders waarsku dat die Suid-Afrikaanse geldeenheid wisselvallig kan bly totdat die Griekse skuldkrisis opgelos is.

Die hoof van die Internasionale Monetêre Fonds, Christine Lagarde sê sy hoop dat die uitslag van Sondag se referendum in Griekeland, meer duidelikheid en sekerheid sal bring oor die land se ekonomiese situasie.

Tsipras het in ‘n uitdagende houding Griekse burgers gevra om die voorstelle deur die land se krediteure te verwerp, maar heftig ontken dat dit Griekeland kan dwing om die Eurosone te verlaat.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.