Twee konstruksiewerkers is by die Nelson Mandela-plein in Sandton beseer nadat ‘n plafon op hulle geval het.
Dit is die derde soortgelyke ongeluk die afgelope maand op persele wat deur JHI Properties bestuur word.
Die uitvoerende bestuurder van JHI Properties, Nomzamo Radebe, sê die werkers is beseer toe die plafon van `n winkel op hulle geval het.
Volgens Radebe is voorsorgmaatreëls getref om die veiligheid van kliënte in die winkelsentrum te beskerm.
Op 10 Junie het `n vrou haar heup beseer toe sy op tydelike matte geval het.
In `n ander voorval in Junie is die 25-jarige vrou ernstig beseer toe deel van `n plafon op haar geval het.