Nuwe toltariewe tree in werking

Deel op

Die nuwe toltariewe en maandelikse perk vir geregistreerde gebruikers in Gauteng tree more in werking, het RSG berig.

NUUT!

Dit is die eerste stap van die hersiene e-tol-bedeling wat op 20 Mei deur adjunk-president Cyril Ramaphosa bekendgemaak is.

Die Suid-Afrikaanse nasionale padagentskap, SANRAL sê gebruikers wat vir e-tol geregistreer is, sal van more af R225 per maand betaal teenoor R450 in die verlede.

‘n Woordvoerder sê die vergunning om 30 keer gratis deur die tolhekke te ry per jaar, sal aangekondig word wanneer die stelsel en administratiewe prosesse gereed is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.