TLU: Eskom se dreigemente onaanvaarbaar

Deel op

TLU SA sê hy is verheug oor die feit dat NERSA voorlopig geen verdere tariefverhogings aan Eskom toegestaan het nie, maar dit is onaanvaarbaar dat Eskom nou met meer beurtkrag dreig.

NERSA het besluit om nie Eskom se aansoek vir ‘n tariefverhoging van 9,58% toe te staan nie.

Die president van die unie, Louis Meintjes, sê die landbou, land en ekonomie kan nie ‘n verdere elektrisiteitstariefverhoging bekostig nie.

Meintjies sê die land kan ook nie langer onbekwame bestuurspraktyke by die energieverskaffer — wat oor ‘n monopolie beskik — bekostig nie.

Die Vryemark Stigting het intussen gesê swak beleid by Eskom het die situasie geskep waarin die kragverskaffer die land gedompel het.

‘n Direkteur by die Vryemark Stigting, Eustace Davie, sê baie van Eskom se probleme is vanweë hul weiering lank reeds om onafhanklike kragprodusente nie toestemming te gee om krag aan die netwerk te lewer nie.

Davie sê van die belangrikste besluite by Eskom is deur die regering geneem.

NERSA het gesê verskillende wyses wat Eskom sal aanmoedig om sy verouderende kragaanlegte te onderhou, ondersoek sal word.

Die hoof van elektrisiteit by NERSA, Thembani Bukula sê goeie onderhoud moet beloon word, terwyl swak prestasie gestraf moet word.

‘n Senior bestuurslid van Eskom, Thava Govender sê die kragverskaffer sal eers met die regering beraadslaag voordat hy verder kommentaar lewer.

Eskom sê NERSA se besluit om nie ‘n tweede verhoging toe te staan nie, sal ondersoek word.

Die regering het sy 13,91% belang in Vodacom aan die Openbare Beleggingskorporasie verkoop te help om die R23 miljard toekenning aan Eskom te finansier, het die Nasionale Tesourie in ‘n verklaring gesê.

Die Nasionale Tesourie en die Departement van Telekommunikasie het saamgewerk in die uitvoering van die transaksie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.