Vrystater enigste klimaatsafgevaardigde uit Afrika

Die Universiteit van die Vrystaat se Sentrum vir Ramprisikobestuur se direkteur, Andries Jordaan, was verlede week die enigste verteenwoordiger van Afrika op die Verenigde Nasies se spesialiskomitee by ‘n werksessie oor klimaatsweerbaarheid in Genève, Switserland.

Hy is deur die VN-sekretaris Ban Ki Moon, as deelenemer genooi.

In ‘n eksklusiewe onderhoud met OFM-nuus, het Jordaan gesê hul sentrum by die universiteit het ‘n sterk voetspoor in Afrika met hul studente wat van 17 Afrika-lande afkomstig is.

Jordaan het die laaste tien jaar baie werk in Afrika gedoen en voel geëerd dat hy deur die VN genooi is.

Jordaan se deelname aan die werksessie was ter voorbereiding van COP 21 wat later vanjaar in Parys plaasvind.

Hy sal dié kongres na alle waarskynlikheid bywoon.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.