Namibiese egpaar oorleef huisaanval

Deel op

Mnr. Willem Burger (70) en sy vrou, Alta (70), is Vrydagoggend­ in hul huis op Lüderitz­ deur twee swartes aangeval en ernstig aangerand, het die Republikein berig.

Burger is die eienaar van die OK Grocer op die dorp. Dit was Vrydag sy beurt om die winkel oop te sluit. Hy het omstreeks 05:15 sy huis se motordeur­ oopgemaak toe twee swartes ingestorm het en hom met kieries begin slaan het totdat hy bewusteloos­ was.

“Volgens die dokter is my pa verder geslaan terwyl hy bewusteloos was,” het me. Hannelie de Lange gesê.

Burger het sy bewussyn herwin en vir Alta, wat nog in die bed was, geskree dat sy die rewolwer moet bring. Voordat sy egter kon opstaan, het een van die aanvallers haar ook met ’n kierie begin slaan.

“Terwyl een van die aanvallers vir tannie Alta deur die huis gesleep en vir haar gesê het wat sy alles moet inpak, het die ander een my pa na die kluis toe gevat en gesê hy moet dit oopmaak. Hoe meer my pa vir hom gesê het dat hy nie sonder sy bril kan sien nie, hoe meer het die man hom geslaan,” het De Lange gesê.

Volgens De Lange het die aanvallers gedreig om Alta te verkrag as hy nie die kluis opmaak nie. Hulle het ook ’n plastieksak aan die brand gesteek en gedreig om haar met die warm plastiek­ te brand. Burger het die kluis oopgekry­ en die mans het vuurwapens en kontant gevat.

Burger en sy vrou is in die badkamer vasgebind en die mans het op die vlug geslaan. Alta kon daarin slaag om los te kom. Sy het haar man losgemaak en na vriende se huis gehardloop en die polisie gebel.

“My pa het erge hoofbesering opgedoen­ en sy arm is geswel soos hy probeer keer het toe hulle hom met die kierie slaan. Hy is in erge pyn. Tannie Alta moet ’n spesialis gaan sien, omdat haar kakebeen vermoedelik­ gekraak of gebreek is. Hulle het albei kneusplekke­ oor hul lywe soos hulle geslaan is. Albei sal vir skanderings Windhoek toe moet gaan,” het De Lange gesê.

Volgens haar is die aanvallers dieselfd­e swartmans wat twee maande gelede ook probeer het om die egpaar aan te val.

“My pa het van die werk af huis toe gekom en twee mans met balaklawas in die oprit gesien ophardloop. Alta het vir hulle geskree ‘ons gaan julle vrek maak’, waarna die twee mans weggehardloop het.”

Die twee swartes het glo tydens Vrydag se aanval vir Burger en sy vrou gesê “julle het mos gesê julle gaan ons vrek maak, nou wys ons julle hoe maak ons júlle vrek”.

“My pa en tannie Alta is al twee 70. As jy hulle goed wil vat, vat dit dan. Wat kan die twee ou mense doen? Maar om hulle so aan te rand en te slaan, is onmenslik en verskriklik.”

De Lange het ’n beloning van N$20 000 uitgeloof vir enige inligting­ wat tot inhegtenisneming kan lei. Die polisie het reeds twee van die gesteelde­ vuurwapens teruggekry.

“Ons het volle vertroue in die polisie dat hulle die twee mans sal arresteer­. Lüderitz is oor die algemeen ’n baie rustige dorp en die gemeenskap staan almal saam, want ons soek nie sulke elemente in ons dorp nie,” het sy gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.