Uitspraak verwag oor H-woord

Deel op

Uitspraak word na verwagting Dinsdag in die Gelykheidshof in Upington gelewer in die saak teen die Noord-Kaapse premier Sylvia Lucas.

Lucas word daarvan beskuldig dat sy ‘n rassistiese skelwoord tydens ‘n amptelike geleentheid gebruik het.

Die klag is deur die KhoiSan-groep se Stanley Peterson by die Menseregtekommissie ingedien. Peterson voer aan dat Lucas tydens haar begrotingstoespraak in 2010 op Upington die woord “hotnot” gebruik het.

Peterson het vroeër aan OFM-nuus gesê hy het besluit om Lucas hof toe te sleep nadat sy nie sanksies van die Menseregtekomissie nagekom het nie.

Peterson sê die feit dat die saak voor die hof gedien het is klaar ‘n oorwinning vir die Khoisan-gemeenskap, nadat Lucas se regsverteenwoordigers gevra het dat die saak van die rol geskrap moet word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.