Meer onbestendigheid in Lesotho na sluipmoord

Deel op

Adjunk-president Cyril Ramaphosa is dringend na Lesotho gestuur om met die premier Pakalitha Mosisili, te beraadslaag ná kommer oor meer politieke onbestendigheid in die Britse bantoestan.

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap sê dit volg nadat drie opposisiepartyleiers uit die land gevlug het en die onlangse moord op die voormalige weermagbevelvoerder in Lesotho, brigadier Maarparankoe Mahao.

Die Verenigde Nasies en die Afrika Unie het die dood van Mahao veroordeel.

Die VN se sekretaris-generaal, Ban ki-Moon het die regering versoek om die skuldiges aan te kla. Die voorsitter van die Au-kommissie, Nkosazana Dlamini-Zuma, sê hulle veroordeel dit ten sterkste.

Die Regering van Lesotho sê dit het gebeur toe die soldate hom in hegtenis wou neem vir die beweerde mislukte staatsgreep verlede jaar.

Ramaphosa is die SAOG se fasiliteerder oor Lesotho.

Ramaphosa se ingryping kom nadat die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula vroeër ‘n afvaardiging, wat Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe insluit, na die land vergesel het vir samesprekings om glo sekere staatsliggame se verantwoordbaarheid aan die uitvoerende gesag te verseker en te versterk.

Mosisidi het Atul Gupta en sy neef, Essa Omar Aziz as sy raadgewers intussen afgedank na die moord. Hul paspoorte wat deur Mosisidi se voorganger, Tom Thabane uitgereik is, is ook teruggetrek.

Thabana se administrasie het aangevoer dat die Guptas Lesotho sou help om buitelandse beleggers te kry, maar Mosisidi se party, die Demokratiese Kongres, het dit teengestaan.

Die party sê om aan die Guptas diplomatieke paspoorte te gegee het was ‘n verleentheid in die lig van die Guptas se omstredenheid in Suid-Afrika.

Mosisidi se woordvoerder het die regering se standpunt bevestig en sê die Guptas voeg geen waarde tot Lesotho toe nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.