Noord-Kaap vir mediese nalatigheid gedagvaar

Deel op

Die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement staar ‘n R32 miljoen mediese nalatigheidseis in die gesig nadat ‘n baba met serebrale gestremdheid gediagnoseer is nadat hy by een van die provinsie se fasiliteite behandel is.

Die departement voer aan dat een van die grootste uitdagings is om mediese personeel na die provinsie te lok. Die tekort aan verpleegsters is veral die probleem.

Die hoof van dié departement, Gugulethu Matladpane, sê die dagvaarding is verlede maand ontvang. Dit is die jongste in ‘n reeks eise teen die departement van sowat R102 miljoen.

Matladpane het tydens ‘n sitting van die Nasionale Raad van Provinsies se Sosiale Dienste Komitee ‘n voorlegging gedoen waarin dié eise aan die lig gekom het.

Vrae oor die dekade-lange konstruksie van die omstrede psigiatriese hospitaal in Kimberley, wat ‘n groot hap uit die provinsiale begroting geneem het, is ook geopper.

Luidens ‘n verslag van die provinsiale tesourie oor provinsiale departemente se ongeouditeerde inkomste en uitgawes het die gesondheidsdepartement se onreëlmatige uitgawes van R20 miljoen in die 2013/14 boekjaar tot R526 miljoen in die vorige boekjaar gestyg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.