Vrae rondom Vrede-suiwelprojek raak al meer

Deel op

Vrae rondom die multi-miljoen rand omstrede Vrede-suiwelprojek van die Vrystaatse provinsiale regering raak al meer.

Dit volg nadat die Vrystaatse ontwikkelingskorporasie (VOK) – wat die projek bestuur – gesê het, dat hulle as deel van hulle jeugontwikkelingsprogram jongmense as begunstigdes van dié projek gaan registreer.

Die aankondiging is tydens ‘n sitting van die portefeuljekomitee van ekonomiese ontwikkeling van die provinsiale wetgewer gemaak.

Dít terwyl die provinsiale departement van landbou sê 80 inwoners in die omgewing van die projek is reeds as begunstigdes geregistreer.

Dit is glo nie die eerste aanduiding dat die VOK nie bewus is van die lys van begunstigdes nie.

OFM Nuus het verlede maand berig dat die nasionale departement van landbou befondsing vir die projek terruggetrek het, omdat die departement nie oortuig was dat die proses wat gevolg is met die samestelling van die lys van 80 begunstigdes regverdig en deursigtig was nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.