Nog ‘n vermeende swart reeksverkragter wat verbind word met ses voorvalle in Bloemfontein en Thaba Nchu gaan na verwagting vandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.
Vrystaat polisiewoordvoerder, Thabo Litabe, sê die 37-jarige gaan na verwagting vandag om borgtog aansoek doen.
Hy is vir die eerste keer in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ‘n vrou in Augustus 2012 naby die Ramkraal treinspoor in Bloemfontein.
Die saak is egter later van die hofrol geskrap nadat die klaer nie die hofverrigtinge bygewoon het nie. Die bloedmonster wat egter vir dié saak getoets is, het die verdagte met verskeie ander verkragtingsake verbind.
Litabe sê die staat gaan aanvoer dat die verdagte sy skrikbewind oor ‘n tydperk van drie jaar uitgevoer het, met sake wat tussen Julie 2011 en Maart 2014 in Bloemfontein en Thaba Nchu aangemeld is.
Sulke swart reeksverkragters is algemeen in Suid-Afrika en is byna weekliks in die nuus.