Minister van sport tevrede met swak prestasie

Die minister van Sport, Fikile Mbalula, sê die ANC-regering is “tevrede” met swak prestasie op grond van skewe rassekwotas.

Mbalula sê wit en bruin spelers word “regverdig behandel” en kry “genoeg speelkans” in die land se swart nasionale sokkerspan.

Die minister het sportliefhebbers opnuut in sy antwoord op ‘n parlementêre vraag mislei, aangesien daar tans net een wit speler en twee bruines in die Bafana Bafana-groep van 27 spelers is.

Dit is nie ‘n juiste demografies verteenwoordigende span nie.

Daar was ook nog geen ingryping om die span meer verteenwoordigend te maak nie, ten spyte dat die minister verlede jaar die onderneming gegee het om stappe te doen om meer wit en bruin spelers vir die span te laat speel.

Die Springbokke se Wêreldbeker-oorwinning 20 jaar gelede was deur ‘n span behaal waarin wit spelers oorverteenwoordig was.

Die regering het intussen deur politieke inmenging in sportspanne gesorg dat middelmatigheid en verval oorgeneem het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.