Derde dood weens beurtkrag en wanbestuur

Deel op

Drie pasiënte is na bewering reeds dood tydens beurtkrag by die Letaba-hospitaal in Limpopo, nadat die familielid van ‘n derde pasiënt wat gesterf het, na vore gekom het.

Dit weerspreek die departement van Gesondheid se verklaring dat slegs een dood gekoppel kan word aan die kragonderbreking.

Die ma van ‘n 17-jarige seun wat een van die drie pasiënte was wat in die intensiewe sorgeenheid van die Letaba-hospitaal dood is, sê haar seun is in die hospitaal opgeneem op 14 Junie na ‘n hartaanval.

Hy was aan masjiene gekoppel tot sy dood op 20 Junie teoe die krag afgegaan het. ‘n Kragopwekker wat moes aanskakel, was glo sonder diesel.

Nóg regstappe kan dus teen Limpopo se gesondheidsdepartement ingestel word nadat die familie gesê het hulle 17-jarige seun is in die Letaba-hospitaal tydens beurtkrag dood.

Dit volg nadat ‘n vrou ook verlede Donderdagaand in die hospitaal se waakeenheid tydens ‘n kragonderbreking dood is.

Die minister van Gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi, het verlede Vrydag die Letaba-hospitaal besoek en gevra dat ’n volskaalse ondersoek gedoen word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.