Skoppensboer: Befoeterde bafoer straf kontrarevolusionêre graadnulleerlinge

In Indië het hulle heilige koeie. In Suid-Afrika los hulle die koeie sonder kos en water soos Madame Thandi Modise, die opkomende boerin, gedemonstreer het. By ons is koeie dus allermins heilig, synde dikwels mishandel. Maar ons het heilige mense! Die Pous en die Katolieke Kerk het hulle nie tot Heiliges verklaar nie, nee, hulle is sommer by geboorte Heilig, met ‘n hoofletter!

Heiligheid lei altyd tot taalkundige probleme. Hoofletter of kleinletter? Is hulle Heilige Mense of bloot heilige mense? Meer nog, hoe benader ‘n mens dié “heilige grond”, as jy na “hulle” verwys? Sekerlik moet jy jou spykerskoene en rugbystewels maar uittrek en met baie sagte pantoffels en baie eerbiedig naderskuifel. Maar wat noem ‘n mens die heiliges? Soveel mense is reeds à la Sunette Bridges (Skoppensboer se lesers onthou seker nog die “groenie”-debakel) Menseregtekommissie toe gesleep – indien hulle nie met AK-47’s onder ‘n kremetartboom gefusilleer is nie! – dat Skoppensboer liefs nie die verkeerde term wil gebruik nie. ‘n Mens kan deesdae vloek soos jy wil, moffies en letties mag trou, selfs in die konserwatiewe “rooistate” van die VSA, maar jy mag nie ‘n heilige mens met ‘n polities inkorrekte term of toespeling “kwets” nie. Dis die wêreld waarin ons woon. Gewelddadig en barbaars, maar vol subtiele semantiese slaggate.

Die "vrolike" withuis ná die uitspraak van die Amerikaanse Hooggeregshof dat selfdgeslagpare voortaan in al 50 state mag trou, ongeag wat die inwoners dink
Die “vrolike” withuis ná die uitspraak van die Amerikaanse Hooggeregshof dat selfdgeslagpare voortaan in al 50 state mag trou, ongeag wat die inwoners dink

Terloops, soos PRAAG onlangs berig het, het Barack Obama, die VSA se eerste “reënboog”-president wat vandeesweek die Withuis heel “vrolik” op sy amptelike Twitter-rekening geverf het, die woord “nigger” in ‘n potgooi-onderhoud met Marc Maron gebruik. Hy mag maar. Die verskriklike N-woord. Hier by ons is daar nog die K-woord. Nou die dag het ‘n Afrikaanse landdros ‘n blanke man vir twee jaar Pollsmoor toe gestuur omdat hy die K-woord teenoor ‘n heilige dame gebruik het. Bid jou dit aan. Skoppensboer sidder by die gedagte. Hy dink  nie eens aan die K-woord nie. Njannies kepêla, soos sy oorle vader altyd gesê het.

Daarom het Skoppensboer lank en hard gepeins oor hoe om dié onderwerp te benader, want hy wil veral kommentaar lewer oor meneer, Mijnheer (let op dié eerbiedige aanspreekvorm) Panyaza Lesufi se afdanking van ‘n privaatskoolhoof omdat daar by Curro Roodeplaat ‘n onvermengde skoolbus op ‘n laerskooluitstappie vertrek het. Blykbaar het leliewit graadnulle langs mekaar in die bus gesit, noudat meng verpligtend geraak het. Is dit nie heiligskennis nie? Skoppensboer wil nie vir die heer Lesufi ‘n “swart man” of ‘n “swartman” noem nie, want netnou veroorsaak dit ook ‘n taalkundige probleem. Volgens die AWS (Afrikaanse woordelys en spelreëls) verskil dit in betekenis. Die voorbeeldsinne wat aangegee word is:

swart man (‘n – – van 1,78 m lank), -s
swartman (die geskiedenis van die – in Afrika)

Die (onlangse) geskiedenis van die swartman in Afrika is ‘n bloedige affêre, gedagtig aan Rwanda, die DRK, maar ook die “volksoorlog” in KZN, om van Winnie en haar halssnoermoorde nie te praat nie, dus wil Skoppensboer nie verder so ‘n polities inkorrekte onderwerp aandurf nie. Netnou kom hy in die moeilikheid. Soos so dikwels gesê word, bevind ons ons tans in die Nuwe Tyd, die Jaar Nul: vir diegene wat Piet Haasbroek se gangbare roman oor Pol Pot se Kambodja gelees het. Ons “sien nie meer kleur raak nie”. Of liewer: ons mag nie. Net die regering (of die heiliges) mag dit raaksien. As Nuwe Mens hier in die Jaar Nul – dalk is ons nou al in die Jaar Twintig, maar nog iewers naby aan die Groot Begin – sien Skoppensboer ook nie kleur raak nie. Hy is nie-rassig wedergebore.

Die heer Panyaza Lesufi mag ‘n swartman van Afrika wees, of selfs ‘n swart man van wie weet hoe lank, maar as Nuwe Mens durf Skoppensboer nie so na hom verwys nie. Daarom het hy besluit om ‘n geheel nuwe woord te bedink, wat vir ons Nuwe Tyd gepas sou wees. Daardie woord is: Bafoer. Daar kan seker ‘n lang debat daaroor gevoer word of dit met ‘n hoof- of kleinletter geskryf moet word. Dalk verleen “Bafoer” daardie ekstra tikkie eerbied en sekerlik kan dit soms met ‘n hoofletter gespel word. Maar daar is mos ‘n spreekwoord in Afrikaans wat lui: “Elke ketter het sy letter.” Met sy nostalgie vir die vervloë Rebellie onder Afrikaners, veroorloof Skoppensboer hom egter dié tikkie nonkonformisme, dié sweem van afwykendheid, om “bafoer” met ‘n kleinletter te spel.

Synde ‘n nuutskepping of neologisme – vir diegene wat standerdagt-Afrikaans in die afskuwelike Ou Suid-Afrika deurgekom het – is die woord “bafoer” ontdaan van enige ongewenste rasse- of etniese konnotasies. Dis neutraal. ‘n Bafoer verteenwoordig bloot ‘n meer heilige mens wat dus met die nodige ontsag en vroomheid aangespreek en behandel moet word.

As Nuwe Mens en gereelde leser van Naarperskoerante, Die Huisgenoot en ander polities korrekte publikasies, onderneem Skoppensboer om voortaan die term “bafoer” te gebruik om sy aflegging van alle etnies twyfelagtige idees uit die verre verlede toe die ligte nog gebrand en die kraanwater drinkbaar was, aan te dui.

Dis ‘n ietwat lang inleiding, maar nou verstaan u, liewe leser, dat die heer Panyaza Lesufi, vandeesweek as hoofbafoer vir onderwys in die provinsie Gauteng – Gangsters’ Paradise soos die nommerplate heet – heel befoeterd was oor die Curro-onvermengdegraadnulbusskandaal. Une affaire, soos die Franse sê. Daarom het die hoofbafoer vir onderwys sommer drie onheilige (nie-bafoeriese) leerkragte afgedank of láát afdank en ‘n onderneming van die Curro-groep verkry dat hulle voortaan blitssnel sal transformeer en geen verdere onvermengde graadnulbusritte sal duld nie. Indien u die illustere hoofbafoer vir onderwys misgeloop het, hier is hy op YouTube:

Die bafoer se woord is wet. Van nou af sál die privaatbusse van die privaatskool Curro kwotabusse wees: soveel kindertjies dié kant en soveel daai kant. En wee die onnadenkende graadnul of veral haar onderwyseres wat nie mooi tel en sorg dat elke bussitplek met sy kwota bafoeriese telge vereer word nie. Anders is daar perde en sal die nie-bafoere links en regs die trekpas kry.

Skoppensboer bemerk uit dié affêre ‘n nuwe wet van Transvaal, vir diegene wat onder die indruk was dat privaatonderwys hulle van inmenging deur die bafoere gaan vrywaar. Blykbaar moet ‘n privaatskool oor ‘n “lisensie” beskik om onderwys te mag gee. Soos Lesufi vandeesweek verduidelik het, beskik hy as bafoer oor die mag om so ‘n lisensie toe te staan of terug te trek. Geen wonder dus dat die Curro-groep gevra het: “Hoe hoog?” toe Lesufi sê “spring!” nie.  Die onderwysbafoer het spesiaal afgevlieg Kaapstad toe om die direksie van Curro, wat ‘n genoteerde maatskappy is, die leviete te gaan voorlees. Graadnulle wat kontrarevolusionêre gedrag op die bus toon en dalk langs ‘n Afrikaanse maatjie wil sit, sal voortaan “vasgevat” word.

Curro moes láág voor die bafoer gekruip het, daarom het hy besluit om Curro Roodeplaat ‘n “laaste kans” te gee, en om die afdanking van drie personeellede te “aanvaar”. Waarom sou Curro so geredelik tot alles instem en hulle nie tot die howe wend om hulle “vryheid” as privaatinstelling te beskerm nie? Skoppensboer het nogal hieroor gewonder, totdat hy toevallig gesien het watse salarisse en vergoeding die direkteure van Curro verdien, volgens Bloomberg:

Dr. Chris Rudolph van der Merwe, hoofuitvoerendebeampte R35 miljoen p.j.
Mnr. Bernhardt van der Linde, finansiële direkteur R25 miljoen p.j.
Mnr. Andries Jacobus Ferdinandus Greyling, bedryfshoof R25 miljoen p.j.
Mnr. Hendrik Gideon Louw, beleggingshoof R28 miljoen p.j.

Kennelik is daar geld in Engelse privaatonderwys, as ‘n mens so na die vergoedingspakkette kyk. Saam vat die vier hoofde van Curro meer as R100 miljoen per jaar huis toe, dis meer as wat die arme aandeelhouers van “Curro Holdings” verdien. Hierdie manne weet aan watter kant hul brood gebotter is. Hulle sê seker net “Ja, baas, nee, baas” vir Lesufi. Die onderwysbafoer het mos voorheen ook kwytgeraak dat Afrikaanse skole “kleinbase grootmaak” omdat daar nie genoegsame bafoere op die speelgrond baljaar nie.

Die kersie op die koek is dat Curro Roodeplaat ook ‘n “diversiteitsbeampte” in diens neem om te sorg dat die bloedjies by die skool, sowel bafoeries as nie-bafoeries, behóórlik gemeng word. Hiervoor sal die direkteure van Curro Holdings seker aan hulself ‘n bonus toeken. Die kwotas op die bussitplekke sal streng eerbiedig word.

Uiteraard is Naarpers en veral hul noordelike ANC-mondstuk, Beeld, in die wolke oor die befoeterde en bebrilde bafoer “wat sy voet neergesit het”. Adderjan Basson teem gister in sy prawda:

Daarom is dit so jammer dat ’n ondeurdagte, selfs rassistiese, besluit deur een of meer onderwysers geneem is om taalapartheid toe te pas met die vervoer van die gr. 0-klas van 2015.

Daar kan absoluut geen morele regverdiging daarvoor wees om kinders op grond van ras of taal te skei op ’n skoolbus nie.

Dit is hartseer dat ’n skool in 2015 nog verplig moet word om kinders van verskillende rasse en tale toe te laat om ’n skoolbus te deel.

Wees verseker dat die Afrikaanse kinders nie “natuurlik” of “toevallig” besluit het om almal op een bus te ry nie. Die skool het reeds erken hy het sosiale ingenieurswese toegepas en so ’n groep onskuldige sesjariges se kleurblindheid vir ewig vernietig.

Skoppensboer ween saam oor die arme sesjariges wie se kleurblindheid so geskend is. Maar alles is seker nog nie verlore nie. Hulle moet net nog bietjie op die “Towerbus” ry, soos Ken Kesey en sy LSD-benewelde hippies doer in die sestigerjare, iets wat in Tom Wolfe se boek The Electric Kool-Aid Acid Test verewig is. Volgende keer as hulle of hul ouers onder ‘n huisrooftog of ‘n motorkaping deurloop, sal hulle salig kleurblind dié leersame ervaring deurmaak.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Jared van Niekerk

    Het die Beatles nie ook ‘n mislukte rolprent oor ‘n bustoer probeer maak nie, rondom omtrent dieselfde tyd as Ken Kesey en sy Merry Pranksters s’n? Magical Mystery Tour was die ding se naam. Was ‘n totale mislukking by die loket.

    Nou weet ons hoekom. Al die Beatles en die ander “akteurs” op die bus was wit. As daar maar net ‘n paar bafoere op die bus was, het die rolprent stellig nie so misluk nie. En dan was daar sommer ook skoonmakers….

    • Skoppensboer

      Dis heel moontlik dat “diversiteit” ‘n verskil kon gemaak het, veral by die Hollywood-manne se bemarking.

      • Rifrug
        • Rifrug

          Skoppensboer is die sentrale figuur in die gelyknamige gedig geskryf deur Eugène Marais:

          ’n Druppel gal is in die soetste wyn;
          ’n traan is op elk’ vrolik’ snaar,
          in elke lag ’n sug van pyn,
          in elke roos ‘n dowwe blaar.
          Die een wat deur die nag ons pret beloer en laaste lag, is Skoppensboer.

          Gewis en seker is die woord:
          die skatte wat ons opvergaar,
          ondanks die sterkste slot en koord
          word net vir mot en roes bewaar.
          Net pagters ons van stof en dons om oor te voer aan Skoppensboer.

          Die heerlikheid van vlees en bloed;
          die hare wat die sonlig vang
          en weergee in ’n goue gloed:
          die dagbreek op elk’ sagte wang
          en oge vol van sterreprag
          is weerloos teen sy groter mag.
          Alreeds begint die rimpel sny;
          oor alles hou die wurm wag
          en stof en as is al wat bly:
          Want swart en droef,die hoogste troef oor ál wat roer, is Skoppensboer!

          Gewis is alles net ’n grap!
          Ons speel in die komedie mee
          geblinddoek met ’n lamfer-lap
          wat selfs die son ’n skadu gee.
          Wat treur ons tog?
          Viool en fluit maak nog geluid;
          en lank die nag wat voorlê nog.
          Al kan ons nooit volmaaktheid raak,
          nog blink die oog en gloei die huid
          wat heel die winter blomtyd maak.
          Dus onverleë lag ons maar mee met elke toer … van Skoppensboer!

          Skoppensboer (ook die Dood, doodsmaaier, die man met die seis en Mantelman) is ‘n verpersoonliking van die dood.

          Hy word uitgebeeld as ‘n lewendige geraamte met ‘n seis en ‘n uurglas in sy hand. Hy dra meestal ‘n mantel met ‘n kappie oor die kop. Die
          seis versinnebeeld die feit dat die dood iedereen tref: ‘n seis maai alle koringhalms om. Die sandloper simboliseer die voortsnellende tyd.

          In die Middeleeue word die dood onder andere tydens die dodedans meestal uitgebeeld as ‘n maer lyk met oop wonde waar maaiers uitkruip.
          Skoppensboer is ook simbolies vir die (allesverslindende) tyd.

          • Skoppensboer

            Rifrug, dis regtig pragtig. Ek onthou vaagweg dié gedig, maar met die musiek is dit regtig treffend. Vir seker voortaan my temalied!

    • Rooikop

      Lekker gelag 🙂

  • Kalium_Chloraat

    Curro spog dat hulle hul skole op ‘n besigheidsgrondslag bedryf, so hul terugkrabbelry en buiging voor Lesufi verbaas my nie. Christen skool? Ha!

    • Kalium_Chloraat

      Ons verwys altyd na geld aanbidders as Mammon-aanbidders, maar dar was ‘n ou god, Molog, vir wie sy aanbidders hul kinders opgeoffer het. Vandag is Mammon Molog, want meeste mense offer hul kinders op vir geld. Hier sien ons dit weer.

      • Rifrug

        Kalium_Chloraat … Jy is heeltemal reg … “geld aanbidders as Mammon-aanbidders” en dat mense hul kinders vir Molog opgeoffer het.

        “Vandag is Mammon Molog”… Ek dink dat dié twee nog altyd saamwerk, Mammon en Molog is soos Screwtape en Wormwood in The Screwtape Letters (CS Lewis 1942).

        [bogenoemde is beslis ‘n lees werd https://en.wikipedia.org/wiki/The_Screwtape_Letters%5D

        “The Screwtape Letters comprises 31 letters written by a senior demon named Screwtape to his nephew, Wormwood (named after a star in Revelation), a younger and less experienced demon, charged with guiding a man (called “the patient”) toward “Our Father Below” (Devil / Satan) from “the Enemy” (God).

        …A striking contrast is formed between Wormwood and Screwtape during the rest of the book, wherein Wormwood is depicted through Screwtape’s letters as anxious to tempt his patient into extravagantly wicked and deplorable sins, and
        often reckless, while Screwtape takes a more subtle stance, as in LetterXII wherein he remarks: “…the safest road to hell is the gradual one – the gentle slope, soft underfoot, without sudden turnings, without milestones, without signposts”.

        • Kalium_Chloraat

          Ek ken Screwtape letters van C.S. Lewis (1942) baie goed. Die raad wat hy aan sy nefie gee stel dat die grootste sukses wat hul vader (die Duiwel) tot nog toe gehad het was om mense te oortuig dat hy nie bestaan nie, maar dat nog groter sukses sal kom wanneer mense aan duiwels sal glo as “life forces”, “vibrations” ens. Dit het ook so gebeur met die s.g. New Age. Met hierdie insig was C.S. Lewis soos ‘n profeet.

          Die boek is satire en die beste stuk is waar Screwtape sê dat God dalk werklik die mens liefhet en Wormwood hom dan aangee vir hul vorm van kettery.

  • Betzie van Rensburg

    Jy mag maar , Skoppensboer . Waardeer jou donker humor .

  • Karel Combrinck

    Interessant darem die semantiese slentertjies van die linkses. So skryf Adderjan Basson pas in Die Wanbeeld: “Daar kan absoluut geen morele regverdiging wees om kinders op grond van ras of taal te skei op ‘n skoolbus nie. Let wel, “morele” regverdiging. Hy sou netsowel kon geskryf het: “Daar kan geen regverdiging wees om kinders op grond van ras of te te skei nie ens.”, maar nee, “morele” regverdiging. Nou kan ‘n mens wel vra, wat het die hele aangeleentheid met moraliteit te make? Met ideologie, ja, met politiek beslis, maar met moraliteit? Die bedoeling is natuurlik om meer gewigtigheid, meer solemniteit te verleen aan sy sienswyses en die naarste is dat daar duisende Afrikaners is wat daarvoor val. Het hulle nog niks geleer oor die Wanbeeld nie?

  • Karelo Combrinck

    Terloops, Skoppensboer, sou ‘n mens Thandi Modise beskryf as ‘n heilige of ‘n onheilige koei, of net as ‘n koei? Of dalk sommer ‘n koeivel.

  • leonlemmer

    Adriaan Basson beweer ‘n mens mag nie mense op grond van ras, taal of kultuur skei nie. By implikasie is hy dus teen parallelle Afrikaanse en Engelse klasse; net soos Russel Botman en om dieselfde rede, te wete dat politieke oorwegings vir Basson belangriker as opvoedkundige oorwegings is. Dan word die beskuldiging van taalapartheid en rassisme geslinger. Basson weet dat mense kleurblind gebore word. Maar mense kom mettertyd in die lewe agter hoe die vurk in die hef steek. Almal is nie so stiksienig soos Basson nie. Soos die ANC is Basson ‘n voorstander van gedwonge rasse-integrasie. Al hoe dit bewerkstellig kan word, is met sosiale ingenieurswese. Maar nou beskuldig hy sy teenstanders hiervan. Waarom nie aan almal vryheid van assosiasie gun nie? Met terreurdade is ons vryheid mos met bloed, oftewel duur, gekoop. Basson weet dat die Curro-kinders se aangebore kleurblindheid vir ewig vernietig is. ‘n Mens sal ver moet soek om iemand met groter alwysheid as Basson te vind.

  • G

    Skoppensboer mens kan nie verbeter op jou galgehumor wat die armsalige knegte so aan die kaak stel nie. Net ‘n ondergemiddelde kan hierdie regime ernstig opneem, dis nou maar wors. Ek wil graag net nog ‘n kwessie byvoeg. Dieselfde Aapdriaan is buite homself oor die Roomse Statuut nie gehoorsaam word deur sy ondertekenaars nie mbt al-Bashir se oortredings, maar dis nou ook so dat die Roomse Statuut elke van die regte wat die Curro Afrikaanse graad nulle in hulle eie bus 100% waarborg. Maar die Hoof Aap is so ondergemiddeld, dat hy die klug van homself in ‘n redakteurspos tot hoogstaande vermaak gelig het sonder sy medewete.

  • Arnieann

    Ek hoop daardie kinders blix..em hulle ouers en Onnies as hulle eendag groot is.
    En nog ‘n ding: Kinders wat onder sulke omstandigdhede groot word, is die grootste rassiste wat ons kan hoop om eendag te kan hê. Hulle sien en leer dinge van mekaar wat geen vak of reëls op skool hulle kan leer nie.
    En dit is juis rassisme.
    Hoera!!!!