VN-verslag sê SA-troepe ergste seksuele oortreders

Deel op

Die Weermag sal ‘n verslag deur die Verenigde Nasies bestudeer, waarin beweer word dat Suid-Afrikaanse troepe die ergste oortreders ten opsigte van seksuele misdrywe op vredesendings is.

Die weermag sê hy sal nie enige wangedrag deur sy lede duld nie, en sal sy samewerking aan die VN gee om die bewerings te ondersoek.

Die verslag fokus op seksuele misdrywe deur vredesmagte in die Demokratiese Republiek van die Kongo, Soedan, Liberië en Haiti.

Dit kom na die omstredenheid oor soorteglyke bewerings deur die VN van seksuele misbruik van kinders deur Franse soldate wat ontplooi is in die Sentraal-Afrikaanse Republiek.

The Times het berig dat Suid-Afrika sowat 2 000 troepe gestasioneer het in die DRK, Soedan en Suid-Soedan.

Die VN het in die verslag gesê daar is 480 bewerings van seksuele uitbuiting en misbruik met betrekking tot sy vredes- en spesiale politieke missies tussen 2008 en 2013 aangemeld.

Die DRK-vredesending het 45% van hierdie klagtes ontvang, terwyl net meer as ‘n derde van die 480 bewerings minderjariges betrek.

[Fotobron]

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.