Ploftoestelle op bus na Zim gevind

Deel op

Amptenare van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het beslaggelê op meer as 200 ploftoestelle op ‘n bus by die Beitbrug-grenspos na Zimbabwe.

Die SAID sê die ploftoestelle is ontdek toe hulle die bus deurgesoek het wat van Zimbabwe na Suid-Afrika onderweg was, het RSG berig.

Die toestelle was in ‘n lappe toegedraai en onderin ‘n sak versteek, wat na bewering aan die buskondukteur behoort.

Die man is in hegtenis geneem. Die polisie sê die toestelle word in onwettige mynbedrywighede gebruik en om kitsbanke mee op te blaas.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.